Gratis • eenvoudig • enige tyd

Begin jou eie Rooibos-besigheid.

Geen ervaring nodig. Geen risiko. Jy kan net begin.

Hoekom Annique?

🌿 Trots Suid-Afrikaans
Annique bestaan al meer as 55 jaar. Vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners.

🍵 Rooibos wat wérk
Produkte gebou op regte navorsing oor rooibos — nie net bemarking nie.

⏰ Enige tyd, enige plek

Jy besluit waar en wanneer. 

👋 Daar’s plek vir almal

Werk voltyds, besigheidseienaar, tuisbly-ma - daar’s plek vir jou.

🤝 Jy’s nie alleen nie

Direkte kontak met ‘n regte mentor. Nie ‘n stelsel nie - ‘n vrou soos jy.

  • Rooibos Besigheid

  • Sedert 1971

  • Op jou eie terme

1 of 3

Hoe werk dit?

1️⃣

Jy registreer as Onafhanklike Konsultant by Annique.

2️⃣

Kry opleiding, hulpmiddels en ondersteuning.

3️⃣

Deel wat jy leer en help mense om die regte produkte vir hul behoeftes te vind.

4️⃣

Verdien 'n onmiddellike 20% afslag - dit groei soos jou besigheid groei.

5️⃣

Bou verder - in jou eie tyd, saam met mentors.

Dis jou eie klein besigheid, nie 'n werk nie

  • Risiko Vry

  • Geen fooi om aan te sluit

  • Produkte wat mense vertrou

1 of 3

Wat dit kos: niks

✓ Geen registrasiefooi

✓ Geen maandelikse fooie

✓ Geen minimum bestellings

Gratis om te begin. Joune om te bou.

"Maar ek het nie tyd nie"

Dis wat byna almal eers sê — en dis eerlik.

Maar tyd word nie gevind nie, dit word gemáák. 'n Halfuur in die aand. 'n Boodskap tydens middagete. 'n Gesprek met iemand wat in elk geval oor haar vel gekla het.

Dit is eenvoudig genoeg en buigsaam.

Hallo, ek is Sanelda

  • Ek het begin vir skoolklere, sportkampe en die klein ekstra's.

    Vandag is my "hoekom" anders en my drome groter.

    Wanneer jy aansluit, word jy gekoppel aan 'n mentor in ons span.

    Ons is almal gewone mense - jy hoef nie 'n ekstrovert te wees nie. Ek is ook nie.

Vroue soos ons

Kyk gerus